Gé Korsten Huldeblyk op Pasella

Ons kuier saam wanneer Kevin Leo sy DVD huldeblyk aan Gé Korstens opneem. Behalwe vir sy 58 populere musiekplate, was Gé Korstens ook ‘n uitstaande operasanger en akteur. So, toe ons hoor dat Kevin Leo by Pretville in Hartbeespoortdam ‘n huldeblyk-DVD vir hom gaan opneem was ons daar. Gé is in 1999 oorlede en was die pa van vyf kinders. Die DVD huldebly gaan teen Februarie volgende jaar beskikbaar wees – beslis iets om na uit te sien! http://www.pasella.com/