In My Lewe – Mathys Roets

100 Afrikaanse liedjies in 100 dae! Ter viering van Afrikaans se honderdste bestaansjaar sal Anton Esterhuyse en van sy musiekvriende elke dag vanaf 29 Januarie tot 8 Mei ’n Afrikaanse video op die “Zita Filmz”-kanaal in Youtube vrystel – gunstelingtreffers van die afgelope tien dekades. Begin jou dag met ’n Afrikaanse treffer! Hierdie is geensins ’n omvattende lys van Afrikaanse treffers nie – die poel is eenvoudig te groot. Nietemin behoort ’n ieder en ’n elk ’n geliefde treffer te herken. @Afrikaans_100 @ATKVBemarking Nardus du Plooy Klavier: Anton Esterhuyse Lokaal: Reitz-saal, Universiteit van die Vrystaat