Oudtshoorn se mense ('n KKNK-reeks) - Tom Johnson 3

Oudtshoorn se mense is ’n reeks, vervaardig deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waarin Oudtshoorniete nie net hul talent ten toon stel nie, maar ook gesels oor dié besonderse dorp en streek. Alhoewel gehore die afgelope twee jaar nie na Oudtshoorn kon kom vir die fees nie, bring die KKNK nou die talent, stories en mense vanuit Oudtshoorn na gehore regoor die land. Met dank aan ons hoofborg Absa; asook die Oudtshoorn Munisipaliteit, Wes-Kaapse Regering se Departement van Kultuursake en Sport en BASA vir hul ondersteuning.