Port St Johns Neil Sandilands

The Album: https://ffm.to/neil-sandilands-vyftig... Port St Johns:’n Drywende, aardse blik op aantrekkingskrag en verliefdheid — nie as glansoomblik nie, maar as val. Die skadukant van romantiese idealisering. Sandilands verfilm en redigeer die video tydens besoek aan Kalifornië, April 2026. Liriek: Neil Sandilands Komposisie: Riku Lätti Die wind waai sy’s aanskoulik Totaal volkome vroulik In hierdie storm sal ek bid Om berge te versit Die stormsee woed voort op ’n wanklankige akkoord Die deining en die walg Die slim houtjie van die galg Sy’s queen bee en sy’s fox Die poort van pandora’s Box Haar pupille so verlydelik Jy verdrink dis onvermydelik Vry, wys jou vir my Gee my ’n beeld Wat by my bly Sy’s berekend effektief ‘n Gewetenlose dief en haar enigste motief is om te weet jy het haar lief Sy’s die duiwel en ‘n engel In haar blik sal jy verstrengel Sy’s vixen en sy’s viper ‘n Allerdodelikste sniper Tussen die hemel en die aarde Kloof ‘n bliksem na die see Jy word omvou en jy sluk water Die heelal deel in twee Vry, wys jou vir my Gee my ’n beeld Wat by my bly Die winde huil die winde loei Jou rou gemoed wat bloei Sy skryf jou neer as apokrief Jy skree, ek het jou lief Water blus die vuur Die voorspelling bly onguur Jy sal jou siel verruil vir die kuur Skoonlief en die Ondier Die son gaan sak oor Port St.Johns En die wind waai die storm in jou stil En die wind waai die storm in jou stil Die wind waai die storm in jou stil Track Info: PORT ST JOHNS Duration: 03:26 Lyrics: Neil Sandilands Composition: Riku Lätti Publishing: Neil Sandilands Mechanical: Neil Sandilands Needle Time: Drums: Kevin Gibson Bass: Rob Nel Guitars: Theo Crous Ukelele: Neil Sandilands Keys: Janine Neethling Lead Vox: Neil Sandilands Backing Vox: Nicole Holm, Jaco Botha Produced by Neil Sandilands 2025 Recorded, engineered and mixed by Theo Crous at Bellville Studios, Western Province, South Africa Mastered by Rogan Kelsey, Kelsey Mastering UK