Schwabie en Henru | Hul nuwe liedjie Rooi, Wit en Blou | 6 September 2024

Die talentvolle duo Schwabie en Henru het bekendheid verwerf met hul liedjie Goeie Ou en het onlangs hulle tweede liedjie Rooi, Wit en Blou vrygestel en dié lied is geskryf en opgedra aan al die Suid-Afrikaanse burgers (SAFFAS) wat in die buiteland werk en leef. Die duo kuier vanoggend op die geel bank en ons leer hulle beter ken. #diegrootontbyt #music #artist