Liefdadigheid of Lokval? | Krismis Party laat Moeggesukkel R30 000 betaal.

Die Beste Krismis Party Ooit verlede maand by Moreleta, wat wyd geadverteer is as ’n liefdadigheidsgeleentheid, het ná afloop ernstige vrae gelaat. Moeggesukkel, ’n organisasie wat kwesbare mense al 15 jaar ondersteun, moet ná die konsert R30 000 betaal aan die konsert, asook verdere koste dra vir kaartjies vir hul inwoners— ondanks die feit dat die geleentheid as ’n fondsinsameling bemark is. In hierdie episode ondersoek ons: Wat vooraf deur die organiseerder en kunstenaars aan die publiek gekommunikeer is Wat ná die konsert gebeur het Hoekom ’n liefdadigheidsorganisasie finansieel swakker uit ’n reuse “fondsinsameling” gestap het En hoekom deursigtigheid van kardinale belang is om te verseker dat mense nie op die rug van liefdadigheid wins bejaag nie. Die organiseerder van die konsert was Barry Pretorius. Ons doen ’n versoek dat die volledige kostestaat en finansiële uiteensetting van die Krismis Party beskikbaar gestel word, sodat alle betrokkenes self die feite kan beoordeel. Ons nooi ook: Teodor van der Spuy, sowel as die leiding van die Moreleta Kerk, uit om kommentaar te lewer of konteks te verskaf. Verder erken ons dat Everest Wealth, ’n borg van die vertoning, R1 miljoen namens Moeggesukkel in ’n beleggingsfonds geplaas het. Hierdie geld is egter nie onmiddellik beskikbaar nie en spreek nie die organisasie se dringende kontantvloei-behoeftes aan nie. Ons nooi ook Thys van Everest Wealth uit om hieroor kommentaar te lewer en die struktuur en doel van dié belegging toe te lig. Kommentaar kan in die comments gelaat word, of aan ons gestuur word by [email protected] Hier is ‘n paar skakels van belang: Steve Hofmeyr en Liezel Pieters se onderhoud:    • Groot Afrikaanse name sing saam vir liefda...   https://maroelamedia.co.za/vermaak/mu... https://www.netwerk24.com/kunste/musi... https://itickets.co.za/events/484613