Bull Run 2017

Grof, rof en vol stof. Die 2017 Weg Ry & Sleep Bull Run het die afgelope naweek op Vanwyksvlei in die Noord-Kaap plaasgevind. Sowat 150 spanne het met hulle spogvoertuie mekaar die stryd aangesê in ’n tydren en verskeie aktiwiteite op die pan buite die dorp. Die motors moet ouer as 1980-modelle wees en minder as R25 000 kos. Hier is ’n klompie hoogtepunte van die naweek.