Jy is uitverkies! Juig! Weet jy verseker? Ds Gustav Opperman Efe 1
Prk Ef 1 Juig in jou uitverkiesing! GK Matlabas 2017 07 23 Lees Efesiërs 1:1-23 Teksverse: Ef 1:3,4 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees Broeders en Susters, Dit was die groot hervormer, Martin Luther, wat gesê het: Die duiwel is God se aap ... bedoelende hy is God se na-aper. Met elke goeie ding wat God daar gestel het, met elke geestelike seëning wat die mens van die Here ontvang, sal die duiwel daarna kom ... sal duiwel daarna kom en iets anders in die plek daarvan stel ... 'n verwringing, 'n verwronge namaaksel, 'n drogbeeld. God het die heilige huwelik daargestel. Daarteenoor kom die duiwel en hy gee ons vrye seks of die sogenaamde gay huwelik. God skenk sy heilige diakonale barmhartigheidsdiens aan die mens. Die duiwel antwoord met die werk van die Vrymesselaars en hulle meelopers. God skend die mensdom sy profete. Die duiwel antwoord deur die valse profete. God het Christus daar gestel. Die duiwel stel die Antichris daar. En ook ... ook vir God se soewereine uitverkiesing het die duiwel 'n antwoord, want hierdie aap kom en hy stel die mens daarteenoor aan die Geluksgodin voor. Hy stel ons voor aan Mama Lotto, en sy word die een wat kies. Sy sal 'n gelukkige wenner kies. Sy sal dit doen deur 'n gelukkige trekking of deur 'n casino-speletjie of perderwedren, of deur die val van 'n dobbelsteen ... Om sodoende van die uitverkiesende God 'n bespotting te maak. Om sodoende 'n bespotting te maak van die heilige woorde wat ons hier saam gelees het: Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus ... Ons loof en prys die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het ... wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos die Vader ons in Hom uitverkies het. Ja, Hy het ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld uitverkies om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees Geliefdes, daar is 'n verskil. Daar is 'n verskil tussen die onverdiende genade wat ons van God ontvang ... en die meevallertjies wat die mensdom van die Geluksgodin ontvang. Die Geluksgodin sal met 'n groot fanfare by jou aankom, met geld en geskenke, met rykdom en met vet tjeks, terwyl God se uitverkiesende liefde na jou toe kom met geestelike seëninge. Dit is seëninge wat nie met die menslike maatstawwe gemeet kan word nie. Geestelike seëninge is vir diegene wat nie op die sigbare dinge let nie, maar deur God gelei word om na die onsigbare te verlang. Geestelike seëninge is vir diegene wat 'n verstand het met verligte oë, soos ons hierdie Skrifgedeelte gelees het. Wanneer die gelowige van God se uitverkiesende genade bewus word, dan is daar net een gepaste reaksie dan is daar net een gepaste houding, Geliefdes en dit is op jou knieë. Dankie, onse Vader, dankie dat ek 'n plek in u Vaderhuis mag hê! Dankie onse Here Jesus Christus dat U daar vir my 'n plek verwerf het! dat U daar in die Vaderhuis vir my vergifnis verwerf het deur u bloed ... Dankie vir hierdie wonderlike erfenis, hierdie wonderlike erfdeel waaraan ek ook deel mag hê! Nou mag u wel vra, Geliefdes, as ek dan niks kan sien nie, hoe kan ek weet ... hoe kan ek seker wees dat ek uitverkies is? Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by die Gereformeerde Kerk Matlabas se internetbediening! Skryf asb in op ons YouTube kanaal! 1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word 2) Kry 'n gratis transkripsie van hierdie preek en ander preke weekliks: 3)Skryf in op ons poslys by [email protected] 4) Beskikbaar: Volledige Bybelstudie CD-reekse: Openbaring (20 CD's) Bybelstudie CD-reeks: Ps 1-50 (25 CD's) Kategismusreekse: Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leërreels. Ontbeer u 'n aanddiens/Kategismusprediking? Hierdie Bybelstudie- en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. 5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: [email protected] 6) Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor. Ons kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u GK Matlabas Mediadienste finansiëel wil ondersteun, kontak ons asb by [email protected] Ons sal graag persoonlik met u in verbinding wil tree.

START YOUR TUESDAY WITH FAITH | TODAY GOD IS GIVING YOU UNEXPECTED OPPORTUNITIES | FATHER FREDDY ...

Verlossing van Depressiwiteit - Ds Peet Schoeman

Roep na God! Ook by die puinhope van jou kerk, jou lewe! Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Ps 74

Leef as oorwinnaars! Ds Gustav Opperman Op 12 Grendelpreek Woorde uit sy Woning

3 Dinge wat jou salwing vernietig - Frik Weideman | Menorah Tabernakel

WAT SAL JY DOEN OM BY JOU KINDERS TE WEES? - Andries Enslin, 25 Desember 2018

EP19 - GKSA Sinode 2026 en Vroue in die Amp: Besluit, Reaksies en Gevolge

Wat sien ons vandag? (Ps 46; Op 5&6) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Die Gees help my bid! Ds Gustav Opperman Romeinereeks: Reg voor God#40

WANNEER GOD HOM NIE STEUR AAN JOU EIE VERVALDATUM NIE - 23 JUNIE 2024

Aanskou die kerk se skoonheid! Ds Gustav Opperman Ps 48 GK Ventersburg @WoordeuitsyWoning

Die Stem Dilemma Verkiesing 2019 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

Geplant in die Huis van die Here. Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Ps 92

Koronakrisis 2020 nC: Ons beleef God se dae! Ds Gustav Opperman

RITME Digitaal | Leef met die regte soort invloed | Johan Smith

God se VINGER

What 90% of Christians Don't Know About the Presence of God | Benny Hinn | Accra, Ghana

God se Gees werk teen die grein Ds Gustav Opperman 1 Kor 2 Woorde uit sy Woning

DIE ORDE VAN GOD EN VROUENS IN DIE AMP - Henco Kruger

