Mini-dokumentêr: Episode 4: Strate van Goud

Luister saam na Episode 4 waar Doktore Van de Merwe & Geyser voorspoedsteoloë, tv-evangeliste, strate-van-goud-predikers en ander dogmatiese dwaalleraars die duiwel in maak. Hierdie is die VIERDE episode in 'n reeks van 6 mini-dokumentêre waar die geagte Doktore Van der Merwe & Geyser die musiek van die fenomenale internasionale supergroep Prophet bespreek. Prophet stel op 6 April 2021 hulle splinternuwe plaat DIE KOLONIE vry, en hierdie teologiese en profetiese verdiskonteringe word vervat in hierdie mini-dokumentêr. Prophet, die supergroep, het self vir Doktore Van der Merwe & Geyser gevra om hierdie reuse taak te behartig. Om Prophet se musiek te bespreek, ontleed en te resenseer vra inderwaardheid diepe insig en enorme intellek. Om dié rede is die Doktore verkies tot hierdie groot voorreg.