Mnr. & Mej. Gim 2024

Mnr. en mej. Gim 2024 was 'n reusesukses. Ons finaliste het behoorlik in die Gimmie Diner geruk en rol. Met al die speletjies, gelag, optredes, gaskunstenaars en mooiste pakke en aandrokke is die wenners met groot afwagting aangekondig: "Most liked” - Lisa Steyn Mnr. Fotogenies - JD Cronjé Mej. Fotogenies - Xinzeta Pietersen Mnr. Persoonlikheid - JD Cronjé Mej. Persoonlikheid - Nadia Badenhorst Mej. Spaarbussie (finalis wat die meeste geld ingesamel het) - Li-Ann van Wyk 2de Prins - Willahn du Toit 2de Prinses - Aliyah Cremer 1ste Prins - Pieter Fourie 1ste Prinses - Nadia Badenhorst Die groot oomblik waarvoor almal gewag het... Mnr. Gim - JD Cronjé Mej. Gim - Li-Ann van Wyk #Gimmies #Gimmietrots #Gimmieglans #MnrenMejGim