Hoe moet onderwys lyk? Soos die ANC dit wil hê? Adv Pieter Aucamp wys die dieper punte uit

Die BELA WET is gepromulgeer deur Cyril Ramaphosa en taalmoordenaar Lesufi in Desember 2024 en nou stoomroller die regering verder om die onderwys heeltemal op te dons. Hoe lank gaan die privaatskole kan staan voordat hulle ook geteiken gaan word? Tuisonderrig begin ook voel hoe BELA aan hulle voordeur klop. Die geveg begin eersdaags in die howe - gaan dit genoeg wees? Sal die regulasies, standaarde en beleid werklik die BELA wet beter maak? Wanneer die SA Skolewet saam met die Grondwet gelees word, is dit baie duidelik dat uitsluiting op grond van taal wel wetlik en grondwetlik is. Dit moet wel "redelik" wees. Enkelmedium instellings het dus ’n grondwetlike reg om te bestaan en word gevolglik toegelaat om slegs leerders te aanvaar wat bereid is om in daardie taal te leer. Ons sal maar moet wag en sien hoe gaan hierdie uitspeel. Intussen, gaan jou kind staatskool toe of het jy al besluit op 'n christelike volkseie skool? Dalk is dit nou tyd vir so 'n besluit!!