WINTERNAG - GEDIG DEUR - EUGENE MARAIS

WINTERNAG - GEDIG DEUR - EUGENE MARAIS: Winternag O koud is die windjie en skraal. En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, le die velde in sterlig en skade En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van ‘n meisie in haar liefde verlaat. In elk' grashalm se vou blink ‘n druppel van dou, en vinnig verbleek dit tot ryp in die kou! Afrikaansdag is amptelik op 14 Augustus! Dit is 'n viering van ons taal nasionaal in Suid -Afrika en ons streef daarna om dit internasionaal bekend te maak! Ons is gemotiveerd om ons kosbare erfenis te onthou, eenheid op te bou tussen ons mense en ons kultuur in hierdie wêreld te openbaar. As u 'n video of stemboodskap vir Afrikaansdag 2022 wil doen, kontak ons gerus by: [email protected] [email protected]. Video en klankvoorleggings moet in Afrikaans wees. Ons sal Afrikaanse liedjies, gedigte, geskiedenislesings, kulturele vermaak en literatuur publiseer. U is welkom om voordragte of selfs groter, maar oorspronklike materiaal in te dien. Indien u as vrywilliger wil deelneem aan ons produksiespan wat Afrikaansdag bevorder, kontak ons gerus! Alle skenkings word bestee aan die groei van Afrikaansdag vir 2022! Monero Donasies kan gestuur word na: 8AHZ2x9NBX1MGPdSjZJF5HKV3877eqpkHdUN3E9GqNaZ8FX6SefyTpFDNXrrZtxgYYdefYv1JqvPogy7H3unoytkFvFhY1G #AFRIKAANSDAG #BOERE #AFRIKAANS