SO 'N BEK MOET JAM KRY | MauJou

🎼 SO 'N BEK MOET JAM KRY 🎶 Party monde is vol skinder, geklaery en geraas… Maar wanneer iemand met vrymoedigheid vertel wat Jesus gedoen het, hulle getuienis sonder skaamte deel, en die Goeie Nuus met waarheid en liefde bring — so ’n bêk moet jam kry! Hierdie lied is ’n vreugdevolle, kuiertjie rondom ’n visbraai, vol humor, getuienis en een eenvoudige herinnering: moenie stilbly oor die Een wat jou gered het nie. 📖 PSALM 107:2 “Laat die verlostes van die Here dit sê, wat Hy uit die nood verlos het.”