UP Agric-voerkraaluitdaging: Terugvoer aan die borge

Die UP Agric-voerkraaluitdaging staan einde se kant toe en die wenspan word eersdaags aangekondig. ‘n Belangrike deel van hierdie uitdaging was voorleggings van die ses spanne aan die onderskeie borge. Die terugvoer het ingesluit kwessies rakende gesondheid, prosesseringspraktyke, voerformulasie en die weeg en skeer van die skape. Plaas TV het na afloop van hierdie terugvoersessies, met die spanne oor hul ervarings gesels.