Die twee getuies | Les Studie

Skrifverwysings vir hierdie week se studie: Openbaring 11:3–6; Sagaría 4:14; Openbaring 12:5,6,14 en 15; Daniël 7:25; Jesaja 54:17; Psalm 119:89; Openbaring 11:15–18. Geheueteks: “Die gras verdor, die blom verwelk, maar die woord van onse God hou stand in ewigheid” (Jesaja 40:8). Deur die eeue was God se Woord ontleed, betwyfel en verwerp. Dit was in kloosters met kettings vasgebind, verbrand op stadspleine en in repe geskeur. Diegene wat daarin geglo het, was bespot, getart, in die gevangenis gegooi en selfs gemartel. Deur dit alles het God se Woord nogtans geseëvier. Die Middeleeuse kerk het getroue Bybelgelowige Christene vervolg. Tog het God se Woord die duisternis verlig. Verdrukking en vervolging het nie die verkondiging van die Woord van God gestop nie. Terwyl die Engelse Bybelvertaler, William Tyndale, vir sy geloof verhoor was, was hy gevra wie hom die meeste ondersteun het om God se Woord te versprei. Hy het oor die vraag nagedink en toe geantwoord, “die Biskop van Durham”. Die magistrate was geskok. Tyndale het toe verduidelik dat die biskop eenkeer ’n voorraad van sy Engelse Bybelvertalings gekoop het en dit in die openbaar verbrand het. Wat die biskop nie geweet het nie was dat hy, sonder om dit te weet, die saak van die waarheid ondersteun het. Hy het die Bybels teen ’n heelwat duurder prys as gewoonlik gekoop. Met so ’n groot aankope kon Tyndale toe baie meer Bybels gedruk het as wat daar verbrand was. Waarheid wat so die stof gebyt het, het weer en weer verrys om in al sy heerlikheid te skyn. Hierdie week gaan ons een van die mees venynige aanvalle op die Skrif en die Christelike geloof ondersoek. Gedurende die Franse Rewolusie het die bloed in die strate van Frankryk gevloei. Die guillotine was op die openbare plein van Parys opgestel, en duisende mense was letterlik geslag. Ateïsme het die staat se godsdiens geword. Nieteenstaande dit alles kon die getuienis van God se Woord nie stilgemaak word nie.