Barend La Grange Bly 'n Brugbouer Vir Suid-Afrika Se Toekoms

https://buymeacoffee.com/amplifywithl... Barend La Grange glo jou woorde en dade moet ooreenstem, veral as dit gaan oor nasiebou. Hy was nog altyd 'n brugbouer aan die voorpunt van gesonde gesprekvoering as spanning tussen wit en swart gemeenskappe opbou. Toe die rassespanning in 2021 in Senekal en Matwabeng in die Oos-Vrystaat dreig om gemeenskappe te verskeur, het Barend onbevange en sonder skroom die gemeenskappe nader aan mekaar probeer trek. Hy glo Suid-Afrikaners moet hulself help en minder op die staat wag.