Riviersonderend live ft Piet Botha & jack hammer 1994

Live êrens een aand in Pretoria met Piet Botha se Jack Hammer band 1994 Riviersonderend ai my lam, al my verkenners het lankal terug gerapporteer oor die pad na jou toe, die pad na jou toe ai my lam, my troepe my soldate is lankal gemobiliseer vir die pad na jou toe, die pad na jou toe die totale aanslag sal onverwags wees die onverwagte aanslag sal totaal wees jy sal dit kan sien aankom, ver dalk maar niks daaraan kan doen nie die beleg sal 'n belegging wees dit sal onvoorwaardelik wees maar dis alles net as jy wil hê dat my liefde soos vrede voor jou voete lê... renteloos, veilig in jou belê want die pad na jou toe is die pad na my toe want die pad na jou toe is dieselle as die pad na my toe want die pad na jou toe is die pad na my toe want die pad na jou toe is 'n riviersonderend na my toe woorde en musiek: anton goosen (c) 1998 buskrockmusiek