Skole - die hartklop van die gemeenskap - in die kollig by beraad

Forum Nuus gesels met Leon Fourie van SOS en Kallie Kriel van AfriForum by die Toekomsberaad vir skole wat op 23 tot 25 Junie 2026 in Pretoria aangebied is. Hulle vertel meer oor die toekoms van Afrikaanse skole en hoe skole as die hartklop van ’n gemeenskap gekoester moet word.