Waarom sit ons hier tot ons sterf?

Teks: 2 Konings 7:3–8 Gepreek deur: Pastoor Stefan Beneke In hierdie kragtige boodskap kyk ons na die verhaal van die vier melaatses wat op ’n keerpunt in hul lewens gestaan het. Hulle moes besluit: bly sit en sterf, of opstaan en beweeg in geloof. Hierdie preek daag ons uit om nie vas te bly in vrees, moedeloosheid of gemak nie, maar om God te vertrou en die volgende stap te neem — selfs wanneer ons nie die uitkoms kan sien nie.