Busramp by Henley-on-Klip onthou

Leerders van die Hoërskool Dr. Malan onthou elke jaar rondom 28 Januarie die Henley-on-Klip Busramp van 1970. Die ongeluk het gebeur toe 'n skoolbus op die Henley-on-Klip spoorwegkruising gaan staan en deur 'n trein wat teen 80km/h op die bus afgepeil het getref is. Van die 42 kinders op die bus het 23 gesterf. Altesaam 16 is beseer. Johan le Roux, 'n 17-jarige skoolseun, wat op daardie dag gehelp het om kinders uit die bus te red, maar met sy eie lewe betaal het, word as 'n held onthou. Meer as 54 jaar het sedert dié tragiese voorval verloop. Bron van video: Facebook/Hoërskool Dr. Malan Amptelik