Tot daardie môre, my Kleinsus | In Memoriam | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music

Tot daardie môre, my Kleinsus | In Memoriam | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music 'n Oorspronklike Lied ter nagedagtenis aan my Kleinsus, hare lewe is te vroeg kortgeknip, Sy het haar lewe verloor deur haar man se toedoen, waarna hy ook sy eie lewe geneem het RIP Jeanie 17 Januarie 2025. Jammer oor van die fotos se kwaliteit, van hulle is baie oud en fotos van fotos. 🎵 Musiek: Lig van Hoop Musiek 📖 Skriftuur: Toestand van die Ontslapenes Rom 6:23; Eseg 8:4; Gen 2:7; Dan 12:2; Ps 146:4; Pr 9:5-6,10; Ps 6:6; Pr 3:19-21; Pr 12:7; Joh 11:11-14,43; Han 2:29,34; 1 Thes 4:14-16 Indien hierdie liedjie vir jou 'n seën is, teken gerus in op die kanaal. Lirieke van : Tot daardie môre, my Kleinsus My brief wat wag, vir jou, met die wederkoms… My blonde krulkop... my blouoog-baba sussie... Tien jaar jonger as ek, maar van kleins af, 'n groot stuk van my hart… Jy was nooit bang, vir vuil hande, of gekneusde knieë nie. As jou broers kon klim .., kon jy ook… As hulle kon fietsry - wou jy vinniger ry. Toe Gerrie - op sy rolskaatse, deur die erf sweef... moes jy dit natuurlik, ook probeer. Selfs al was sy skaatse, heeltemal te groot… Ek glimlag nog – wanneer ek onthou, hoe Ma later gesê het: "Hierdie kind kort haar eie skaatse!" Jy was altyd, nes ons kleinboet- ook ‘n waaghals. Maar ook... ons sonstraaltjie, Met jou dimpel wat wegkruipertjie speel in jou wang... Daardie aansteeklike lag... wat sommer almal, saam laat lag het. En jou grappie - wat jy oor en oor gemaak het... "As ek vir jou kyk, dan weet ek presies - hoe ek oor tien jaar gaan lyk." Hoe wens ek... ek kon dit sien, Dit nog een keer hoor… Want sien jou dogter lyk nes ons …. Toe jy grootword, het die Here, vir jou 'n besondere gawe gegee. Wanneer jy gesing het... het mense geluister. Nes ons tannie Min… Wanneer jou vingers, oor die klavier beweeg het... het dit gelyk, of die musiek, sommer vanself vloei – Talent by oupa gekry - wat enige instrument – op gehoor kon speel. En daardie gawe... het God ook, vir jou gegee. Ek sien jou al... eendag weer... voor die troon van God... waar jy sonder die las van sonde, weer vir ons almal sal sing. Jy was my kleinsus... maar ek het dikwels gevoel ek moet ook, 'n bietjie ma wees. Ek het jou sien grootword… Ons het probeer help, waar ons kon. Met studies … met werk … met 'n plek … waar jy kon bly. En toe jy, jou eie vlerke kry ... was ek trots … Toe kom jou kinders. Hoe lief was jy vir hulle. Die besluit … om hulle agter te laat … was nooit om hulle weg te stoot nie. Jy het gedroom … van die dag … wanneer almal weer saam sou wees. Maar die tweeling, het hul eie pad gekies. Hulle het gestudeer. En God alleen sal weet ... of Sy hand … juis dáár - oor hulle gewaak het. Toe... breek een dag … alles. Geen mens, kan daardie pyn, in woorde sit nie. Net God weet … waarom. En ek sal nie maak, of ek verstaan nie. Ek verstaan nie. Maar ek verstaan … U belofte, Here. Die dooies slaap. - Hulle weet van niks. - Hulle wag. Tot U stem - weer oor die aarde weerklink. En as ons - deur U genade - getrou bly aan U... dan sal hierdie afskeid - nie vir altyd wees nie. My liewe Jeanie… Vandag kan ek - nie meer - jou hand vashou nie. Maar ek hou vas … aan Jesus se belofte... Want Hy het gesê: "Ek kom weer." En wanneer Hy kom... sal die regverdige ontslapenes - eerste opstaan. Dan sal ek, tussen daardie skare, na jou soek. Nie omdat jy my sussie is nie... maar omdat ons albei - aan Hom behoort. En as... ons name - in die Boek van die Lewe Saam geskryf staan... sal ek jou weer sien. Nie meer - met trane in jou oë nie. Nie meer - met pyn in jou hart nie. Maar met daardie – vrolike dimpel glimlag... God maak ons nuut, maar ek glo ek sal jou erken - Aan daardie blonde krulle ... daardie laggende blou oë... Dan hoor ons weer jou engelstem, saam met al die verlostes sing … Geen traan, geen dood, geen pyn meer ooit— Tot daardie môre... tot in ewigheid by Hom. Ons hou vas aan God se belofte. Nie omdat die dood die laaste woord het nie, maar omdat Jesus Christus die Opstanding en die Lewe is. Tot daardie dag my kleinsus. My brief wat wag, vir jou, met die wederkoms…

GRACE saves | Worship & Gospel Song | Light of Hope Music | Lig van Hoop Musiek | Gospel | SDA
▶︎

GRACE saves | Worship & Gospel Song | Light of Hope Music | Lig van Hoop Musiek | Gospel | SDA

GENADE ... red | Christelike Gewyde Lied | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music | Gospel | SDA
▶︎

GENADE ... red | Christelike Gewyde Lied | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music | Gospel | SDA

Healing Echoes - I Am Enough. This song tells us that we are worthy, loved & stronger than the past.
▶︎

Healing Echoes - I Am Enough. This song tells us that we are worthy, loved & stronger than the past.

Peaceful Relaxing Music 🌿 Calm the Mind, Reduce Anxiety & Restore Inner Peace
▶︎

Peaceful Relaxing Music 🌿 Calm the Mind, Reduce Anxiety & Restore Inner Peace

BODYBUILDERS Laughed at Him Again… Until Anatoly Was ATTACKED 😱💪🧹 | Gym Prank GONE Wild
▶︎

BODYBUILDERS Laughed at Him Again… Until Anatoly Was ATTACKED 😱💪🧹 | Gym Prank GONE Wild

Vakantie in mijn hart
▶︎

Vakantie in mijn hart

The Grassy Line
▶︎

The Grassy Line

Michael Bennett, His Wife & Grandson Perform "Until You Came Home" |Parents Still Wait for Their Son
▶︎

Michael Bennett, His Wife & Grandson Perform "Until You Came Home" |Parents Still Wait for Their Son

Amazing Takeoff at Saba Airport! Pilot Risks Everything on the World’s Shortest Runway
▶︎

Amazing Takeoff at Saba Airport! Pilot Risks Everything on the World’s Shortest Runway

My Golden Retriever Heals a Terrified Rescue Kitten in Just 3 Meetings!
▶︎

My Golden Retriever Heals a Terrified Rescue Kitten in Just 3 Meetings!

Wild lioness recognizes man who saved her life years ago
▶︎

Wild lioness recognizes man who saved her life years ago

Leer my Bid | Christelike Gewyde Lied | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music | Gospel | SDA
▶︎

Leer my Bid | Christelike Gewyde Lied | Lig van Hoop Musiek | Light of Hope Music | Gospel | SDA

Beautiful Relaxing Music - Stop Overthinking, Stress Relief Music, Sleep Music, Calming Music #82
▶︎

Beautiful Relaxing Music - Stop Overthinking, Stress Relief Music, Sleep Music, Calming Music #82

Simon Cowell Broke Down 😭 As Michael Bennett Sang About His Dying Dog "He Never Left My Side" - AGT
▶︎

Simon Cowell Broke Down 😭 As Michael Bennett Sang About His Dying Dog "He Never Left My Side" - AGT

🎵 Kom Loof die Here 🔥 Psalm 134 🔥 Afrikaanse Lofprysing 🎵
▶︎

🎵 Kom Loof die Here 🔥 Psalm 134 🔥 Afrikaanse Lofprysing 🎵

Enya – God Will Find You Again (2026 Official Ai Music Video)
▶︎

Enya – God Will Find You Again (2026 Official Ai Music Video)

Mr.Bean Making Celebrities Cry With Laughter NONSTOP!
▶︎

Mr.Bean Making Celebrities Cry With Laughter NONSTOP!

Frederik & Mary of Denmark's Wedding - Arrival at the Church
▶︎

Frederik & Mary of Denmark's Wedding - Arrival at the Church

Book of Life | Worship & Gospel Song | Light of Hope Music | Lig van Hoop Musiek | Gospel | SDA
▶︎

Book of Life | Worship & Gospel Song | Light of Hope Music | Lig van Hoop Musiek | Gospel | SDA

Roep my terug
▶︎

Roep my terug