ek skryf wanneer ek alleen is.
// ek skryf wanneer ek alleen is. skryf is ‘n iets vir introverte wat ‘n storie wil deel, wat vir jou iets wil vertel, maar hulle wil nie oogkontak maak nie. ek skryf wanneer ek alleen is. om iets neer te kan skryf beteken dit het bestaan of dit kan bestaan of dit kon bestaan (soms verwar ek die een met die ander). ek skryf wanneer ek alleen is. ek kan iets wat geëindig het verander na poetry of ek kan skryf oor hoe iets moes wees of ek kan skryf oor hoe iets werklik vir my was (want ek kry nie altyd die kans om dit te sê nie). ek skryf wanneer ek alleen is; ek is alleen, want jy is nie hier nie en sonder jou skryf ek ek skryf oor hoe ek by die lughawe opdaag amper laat vir my vlug dan beweeg ek haastig deur die mense sodat ek betyds kan wees om te vlug en dan dan daag jy daar op vleg ook deur die mense keer my op tyd vertel vir my alles alles alles en ek vlug nie ek bly. maar dis wat ek skryf, want ek ek was nie die een wat wou vlug nie jy was. en natuurlik sou ek nie dat jy alleen by die lughawe opdaag nie so ek het saam gegaan (miskien met ‘n tipe hoop vir die toekoms) en toe ek jou hand so styf vashou op pad lughawe toe was dit omdat ek bang was dat sodra ek laat gaan jy dieselfde sou doen, en jy het. en met ons goodbye het ek iets gehad om te vertel iets gehad om te sê maar ek het gesukkel om oogkontak te maak. (goodbye). ek skryf wanneer ek alleen is. skryf is ‘n iets vir introverte wat ‘n storie wil deel, wat vir jou iets wil vertel, maar hulle wil nie oogkontak maak nie. en nou nou is jy ‘n hoofstuk in my boek en ek ek is net ‘n sin in joune. ©️eg_ek volg eg_ek op instagram: / eg_ek facebook: / afrikaans20-. . ©video vervaardig deur egmedia musiek vir die agtergrond deur egmedia lirieke en komposisie deur eg_ek en egmedia lirieke: die reuk van jou lippe hang steeds aan my ek weet nie wat anders om te doen as om te dink aan daai laaste soen, maar hulle sê mos die ergste ding wat jy kan doen is om iemand goodbye te soen en nooit weer hulle rigting te kyk nie (gaan jy nooit weer my rigting kyk nie?) en jy’t gesê jy sal my aan die anderkant van die oorlog kry ja jy’t gesê jy sal my aan die anderkant van die oorlog kry so waar is jy? ©️eg_ek ongelooflik dankie vir julle ondersteuning in donasies sowel as die aankoop van ons produkte sodat ons gemeenskaps en kreatiewe projekte kan realiseer. te veel liefde x

liewe mens...2.0

Ek, Jy En Die Vreemdeling.

KÔMANDE MATEN'W | RADIO EMMANUEL | PIERRE BINSE ROCHE

love(less).

Dark Jazz & Noir Trip-Hop // Slow Sounds for Midnight City Drives

Appel - Kom Lê My Neer

(mis)verstand.

liewe jy.

Andean Pan Flute Healing | Sacred Melodies for an Hours of Calm

Jounal Kreyòl Premye Okazyon || Mèkredi 08 jiyè 2026 .

dronk.

versterk.

Loki Rothman - Ek Mis Jou Ook ft. Margot Rothman

Argentinien – Ägypten Highlights | Achtelfinale, FIFA WM 2026 | sportstudio

jy is 'n soen op albei wange.

Ongeduldige Kuns.

Life Changing Poems for Hard Times

Tibetan Meditation Music - Deep Silence Music for Healing Sounds and Positive Energy Vibes

