Eversdal Koorfees 2026

Die Eversdal Koorfees is beslis een van die hoogtepunte van ons 50-jaar Feesvieringe! Nuwe herinneringe is geskep saam met Laerskool Welgemoed en Laerskool Excelsior, en dit was ’n aand vol musiek, trots en besondere oomblikke. Leerders, ouers, personeel en oud-personeel het die Hugo Lambrechts Music Centre stampvol gesit om te luister na die pragtige klanke van die skoolkore. Die atmosfeer was ongelooflik en elke optrede het bygedra tot ’n aand om te onthou. Dit was ’n uitmuntende geleentheid en ’n viering van talent, samehorigheid en die besondere trots wat deel is van ons Eversdal-familie.