Sondag oggenddiens 26 April 2026 | Faith in the wait | Gerhard van der Merwe

In hierdie Sondagdiens het Gerhard van der Merwe gepreek uit Handelinge 1:(4–14) en gefokus op die belangrikheid van geloof in die wagtyd. Die boodskap het ons herinner dat die wagtyd nie ’n dooie tyd is nie, maar ’n tyd van voorbereiding en vertroue in God se beloftes. Soos die dissipels moes wag op die Heilige Gees, word ons ook geroep om geduldig te bly en aan te hou glo, selfs wanneer ons nog nie die vervulling sien nie. Ons is aangemoedig om standvastig te bly in gebed, eensgesind te wees en ons vertroue in God te plaas, met die wete dat Hy getrou is om te doen wat Hy belowe het. Video content 00:00 - Intro 00:39 - Gerhard van der Merwe 01:19 - Die Here se koninkryk gaan kom 11:00 - Wag tot die Heilige Gees kom 34:50 - Passop die vyhand sien jou wag 26:20 - Ons word moeg om dit te hoor en nie te sien nie 47:20 - Ons kan nie pasief wag nie 01:05:10 - Wanneer ons ja sê vir Jesus, sê ons ja vir alles