Nasionale Landbou-jeugskoukampioenskap 'n fees vir almal

Die Nasionale Landbou-jeugskoukampioenskap het van 5 tot 8 Oktober in Upington plaasgevind. Hierdie kampioenskap is wel meer as net 'n kompetisie – dit is 'n viering van trots, deursetting, en 'n liefde vir landbou. Jong leerlinge van regoor die land kom elke jaar by die kampioenskap bymekaar om hulle vaardighede te vertoon. Plaas TV het hierdie geleentheid bygewoon om met van die leerlinge en beoordelaars te gesels.