Botsing by Riversdal treinspoor

RIVERSDAL 'n Volkswagen Golf VR6 het vanoggend (Vrydag, 18 September) teen ongeveer 04:15 teen 'n ysterheining en lae betonmuur by die treinspoor in Hoofweg gebots. Volgens die eienaar van die voertuig het hy op die agtersitplek geslaap toe twee mans in die voertuig gespring en met hom daarin weggejaag het. Hulle moes teen iets vasgejaag het, want hy hetsy bewussyn verloor en toe hy bykom, was die mans weg en die kar 'n totale wrak. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie. Volgens kapt Johan van Tonder, waarnemende stasiebevelvoerder: Riversdal Polisie is daar 'n saak van roekeloos en nalatige bestuur geopen.