BEGROND - DIE FILM #MassaFliek

Om uit die stof uit op te staan, moed te hou wanneer dit lyk asof daar geen uitkoms is nie, en aan te hou veg totdat ’n uitweg gevind word. Die film Begrond is ’n aangrypende Anglo-Boereoorlogstorie wat oor die bou van ’n nuwe toekoms gaan. Dit vertel die verhaal van hoop, juis wanneer daar geen rede vir hoop is nie. Hoop maak van ons wie ons is, want daar is altyd hoop – selfs in die oënskynlike donkerste tye. #MassaFliek #BegrondFilm