Oorstromings eis lewe | George
Die hewige oorstromings langs die Tuinroete het 'n slagoffer geëis. Die polisie sê 'n man in sy 70's het verdrink, terwyl hy oor 'n laagliggende brug, naby Brandwag, probeer ry het. Intussen is amptenare steeds besig om die vloedskade in George en die omliggende gebiede te bepaal. Huise, sakeondernemings en infrastruktuur is beskadig, nadat swaar reën verwoesting in die gebied gesaai het. Vir meer nuus, besoek sabcnews.com en ook #SABCNews #SABCNuus #COVID19News op sosiale media.
