MULLETS, biejie ZEFness & 18 dae deur Namibia & die CAPRIVI STROOK | Episode 1

In Desember 2024 besluit ek en die seuns om die ooste van Namibië te gaan verken – meer spesifiek die indrukwekkende Caprivi-strook. ’n Paar weke voor ons vertrek, besluit die jong manne dat ons behoorlik in die vakansiegees moet kom. Die plan? Om ver buite ons gemaksone te beweeg met splinternuwe “vakansie-hare”! Vir die seuns beteken dit diep mullets, en vir Pa natuurlik ’n polisie snor. Toe ons op 26 Desember uiteindelik die pad vat, verras Lian ons elkeen met ’n stel vinnige, zef sonbrille. Skielik was die avontuur nie net ’n Namibië-toer nie – ons het ook die voorkoms gehad om dit behoorlik aan te pak! Kom reis saam met ons deur die Caprivi-strook en beleef die natuur, paaie en onvergeetlike oomblikke van hierdie familie-avontuur. Lees gerus die eerste gedeelte van hierdie 18 dae lange reis op ons familie blog - https://www.jonkeradventures.com/fami... Geniet! Cya Henry, Jean & Lian ------------------------- CHAPTERS 0:00 - Ons eerste stop, Felix Unite 1:07 – Noodstop by Cymot Hilltop vir nuwe deep cycle batterye 2:27 – Eerste oggend op die plaas saam met die Laas familie 4:05 – Plaas lewe van kinders 6:45 – Reg en lus vir die Caprivi Strook 8:05 – Hakusembe River Lodge 9:25 – ‘n Boomslang in ons kamp 11:05 – Ons reën nat 😊 12:55 – Middagete by die ou 32 Bataljon Buffalo basis 14:35 – Nambwa 21:19 – Ons laaste aand by Nambwa -------------------------- #caprivistrip #namibia #familyadventure #namibiatravel #africanadventure #travelvlog #familytravel #JonkerAdventures Follow our adventures on the channels below: ◼️Instagram -   / jonkeradventures   ◼️YouTube -    / jonkeradventures   ◼️Blog - https://www.jonkeradventures.com