Stefan Erasmus oor BEK

Derdegeslag-skaapboer Stefan Erasmus buite Middelburg boer ook met Bonsmaras sedert 2015, ná hy die leisels by sy pa oorgeneem het. Dié Jongboer van die Jaar 2017 van die Oos-Kaap gesels met Erika Cilliers van OVK Media in die laaste van ons reeks oor die invloed van die bek-en-klouseer-pandemie op plase. Dankie vir die saamkyk, en ons harte gaan uit na elke boer wat hierdie onsigbare virus moet bestry en vir die emosionele druk waaronder hulle verkeer.